Hoe skryf ek in?
- “Like” en “share” die SingSterre Facebook-blad.
- Skryf aanlyn in by singsterre.co.za en betaal die inskrywingsfooi.
- GEEN Inskrywingsfooie is terugbetaalbaar nie.
- Nadat die inskrywingsvorm en betaling gemaak is, ontvang die deelnemer sy/haar deelnemernommer.
Sluitingsdatum: 15 Oktober 2026 om 17:00
KEURINGSRONDTE
(In persoon of video word aanvaar)
SingSterre: Die Afrikaanse Ligteliedjie Kompetisie – Uitdunrondte
Vrydag 23 Oktober 2026 | 14:30
Saterdag, 24 Oktober 2026 | 09:00
NG Gemeente Wierdapark
Piet Hugostraat 275, Wierdapark, Centurion
SingSterre: The English Edition
Sondag, 25 Oktober 2026
Video-inskrywings
Video-inskrywings is slegs vir deelnemers wat 200km vanaf Pretoria/Centurion woon. Laai die video voor die 15de Oktober 2026 op die skakel soos deurgegee.
Tydgleuwe vir die uitdunrondte kan verander. Finale tye mag tot ’n halfuur vroeër of later aangepas word en sal ná die sluitingsdatum gekommunikeer word.
Wie kan inskryf?
9 – 13 jaar
14 – 18 jaar
19 jaar en ouer
Belangrike Datums
Geluk aan ons 2025 Wenners
SingSterre 2025 het op ‘n hoogtepunt geëindig met die Finale Rondte in Wilge Teater op 28 Februarie 2026 en ons wenners het weggestap met armsvol pryse! Dit is nou weer tyd om die deure oop te maak vir Seisoen 2 en hierdie keer doen ons dit groter!
Wat jy moet weet…
Seisoen 2 van SingSterre is hier – en hierdie keer is dit groter as ooit tevore! Die deure gaan weer oop vir nuwe talent, nuwe energie en onvergeetlike optredes.
SingSterre 2026 bestaan nou uit twee afsonderlike kompetisies:
SingSterre: Die Afrikaanse Kompetisie en SingSterre: The English Edition.
Hierdie twee bene vind op verskillende dae plaas, wat elke deelnemer die geleentheid gee om hul talent ten volle in hul voorkeurtaal te vertoon.
Wenners word in beide die Afrikaanse en Engelse kompetisies aangewys, waarna hulle teen mekaar meeding vir die gesogte titels van:
-
Algehele Wenner
-
Algehele Tweede Plek
-
Algehele Derde Plek
SingSterre 2026 bring dus die beste van beide wêrelde bymekaar – waar top talent uit elke kompetisie saamkom om uiteindelik die Algehele Top 3 te bepaal.
Meer oor SingSterre 2026…
SingSterre 2026 is ’n opwindende sangkompetisie wat talent van regoor die land bymekaarbring. Die kompetisie bestaan uit twee hoofbene en bied deelnemers die geleentheid om hul stemme in beide Afrikaans en Engels te laat hoor.
Kompetisie Datums
SingSterre: Die Afrikaanse Ligteliedjie Kompetisie
Vrydag 23 Oktober | 14:30
Saterdag 24 Oktober | 09:00
NG Gemeente Wierdapark
Piet Hugostraat 275, Wierdapark, Centurion
SingSterre: The English Edition
Sondag, 25 Oktober 2026
Vanaf 09:00
Deelnemers sal hul spesifieke optreedtye ná die sluitingsdatum ontvang.
Video-inskrywings
Video-inskrywings is slegs vir deelnemers wat 200km vanaf Pretoria/Centurion woon. Laai die video voor die 15de Oktober 2026 op die skakel soos deurgegee.
Belangrike reëls…
- Inskrywingsfooie is nie terugbetaalbaar nie. Maak seker alle besonderhede is korrek voordat jy inskryf.
- Geen verandering van liedkeuse word vir die finaal toegelaat nie. Jou gekose lied tydens die uitdunrondte bly jou finale lied.
- Die beoordelaars se beslissing is finaal. Geen verdere korrespondensie of appèlle sal hanteer word nie.
- Slegs opkomende kunstenaars mag deelneem. Deelnemers met huidige of vorige musiekkontrakte (laaste 10 jaar) word nie toegelaat nie.
- Deelnemers is self verantwoordelik vir alle kostes. Dit sluit vervoer, verblyf, etes, klere en ander uitgawes in.
-
Video-inskrywings is slegs vir deelnemers wat 200km vanaf Pretoria/Centurion woon.
-
Indien jy per video inskryf, moet jy beskikbaar wees om die finaal, wat in Pretoria 2027 plaasvind, in persoon by te woon.
Skyn in die Kollig!
Of jy nou sing vir die liefde van musiek, die droom van roem of die passie vir Afrikaans – SingSterre 2026 wag vir JOU.
Moenie hierdie kans misloop nie – jou stem verdien om gehoor te word!
Volg ons op Facebook en Instagram vir nuus en aankondigings.