Bepalings en Voorwaardes

Deur vir SingSterre 2026 in te skryf, stem deelnemers in tot die volgende terme en voorwaardes:

  1. Sluitingsdatum:  15 Oktober 2026 om 17:00.
  2. Liedjies in Afrikaans en Engels mag ingeskryf word (twee kompetisies).
  3. ‘n Maksimum van 4 liedjies per afdeling asook per kategorie (Solo en Groep) mag ingeskryf word.
  4. Inskrywingsfooie:
    • Solo-inskrywings:  R200 per lied/item
    • Groep-inskrywings:  R300 per lied/item
    • Video-inskrywings:  R50 ekstra per lied/item
  1. Die kompetisie word verdeel in die volgende ouderdomsgroepe:
    • Laerskool: 9 – 13 jaar
    • Hoërskool: 14 – 18 jaar
    • Ope afdeling: 19 & Ouer
  1. Deelnemers registreer in die ouderdomskategorie van die ouderdom wat hy/sy in 2026
  2. Deelnemers kan in AL die afdelings en/of ALBEI kategorieë inskryf:
    • Kategorie: Solo
    • Kategorie: Groep
    • ‘n SOLO-item verwys na EEN sanger.
    • ‘n GROEP-item verwys na 2 tot 4 sangers.
  1. In die GROEP-kategorie mag lede se ouderdomme verskil, maar daar word ingeskryf onder die ouderdomsgroep van die oudste groeplid. Daar word maksimum 4 deelnemers in ‘n groep toegelaat.
  2. Prystoekennings word per ouderdomsgroep gemaak. Soliste en groepe in dieselfde ouderdomsgroep kompeteer dus teen mekaar.
  3. ‘n ITEM verwys na een
  4. Deelnemers mag ‘n oorspronklike lied uitvoer, al is dit nie deur hom-/haarself geskryf nie.
  5. Die skrywer van die oorspronklike lied se persoonlike besonderhede moet in die inskrywingsvorm vervat wees.
  6. Indien deelnemers ‘n oorspronklike lied uitvoer en die lied is nie hul eie komposisie nie, moet skriftelike toestemming van die komponis per e-pos gestuur word na info@singsterre.co.za, onthou om jou inskrywingsnommer in te sluit in die e-pos. Die skrywer gee toestemming vir die gebruik van die lied en dat dit uitgesaai mag word sonder die betaling van tantieme.
  7. Oorspronklike liedjies mag nie met behulp van KI (kunsmatige intelligensie) geskryf wees nie. Die organiseerders behou die reg voor om kontrole toe te pas op welke wyse vereis mag word.
  8. Deelnemers het ‘n keuse tussen backtracks of begeleiding d.m.v. SLEGS klawerbord (keyboard) of kitaar. Dui asseblief hierdie inligting duidelik aan op die inskrywingsvorm.
  9. ‘n Klawerbord/keyboard word voorsien. Deelnemers voorsien eie kitare.
  10. GEEN orkeste/bands word as begeleiding toegelaat nie – slegs een instrumentbegeleiding word toegelaat.
  11. Deelnemers mag deur ‘n eksterne persoon begelei word.
  12. Die tydskedule vir die Uitdunrondtes sal stiptelik gehandhaaf word en daar word van deelnemers verwag om 20 minute voor die tyd van optrede aan te meld.
  13. Na jou deelname in die spesifieke tydgleuf is jy welkom om huistoe te gaan. Die finaliste sal in die week na die uitdunne aangekondig word.
  14. Video-inskrywings is slegs vir deelnemers wat 200km vanaf Pretoria/Centurion woon.
  15. Alle reëls is ook van toepassing vir deelnemers wat met video inskryf.
  16. Die video moet in landskapformaat, vollengte van jouself, opgeneem word; dit is nie nodig vir ‘n professionele opname nie. Laai die video op by hierdie skakel: https://drive.google.com/drive/folders/1E6rDZ9wmEZYKwjvYMrGgyumhoObUyicr?usp=sharing voor die 15de Oktober 2026.   
  17. In die video moet jy jouself voorstel, asook jou lied se naam, dit mag nie langer as drie minute wees nie. Maak asseblief seker dat die klank goed is en nie “distort” nie. Kleredrag moet asseblief netjies wees.
  18. Indien jy per video inskryf, moet jy beskikbaar wees om die finaal, wat in Pretoria 2027 plaasvind, in persoon by te woon.
  19. GEEN kunstenaars wie reeds musiekkontrakte het, of in die laaste tien jaar gehad het by enige maatskappy, mag deelneem nie. Hierdie kompetisie vergun die geleentheid slegs vir opkomende, onbekende kunstenaars.
  20. Deelnemers wie deurdring na die Finale Rondte, is verantwoordelik vir hulle eie vervoer, verblyf, etes, klere, grimering en enige ander uitgawes wat verband hou met die kompetisie.
  21. Deelnemers ontvang tydens die uitdunrondte ‘n sertifikaat van deelname met ‘n persentasie en beoordelaarsverslag.
  22. ‘n ITEM (een lied) mag nie langer as 4 minute wees nie.
  23. GEEN onregmatige, onwettig bekombare klankbane word toegelaat nie. Deelnemers mag in hierdie geval onmiddellik gediskwalifiseer word.
  24. Klankbane wat tydens die Uitdunrondte gebruik word, moet opgelaai word teen 15 Oktober 2026 om 24h00 by hierdie skakel, video-inskrywings het nie nodig om hul klankbane nou al op te laai nie: https://drive.google.com/drive/folders/1Hm55ITxBkJ7Toaz7Jkz9jBWEmrXcArSd?usp=sharing  Beskryf die track as volg: Jou deelnemer nommer, jou naam en naam van die lied. Neem asseblief kennis, dat die klankbane van hoë gehalte moet wees.  Singsterre neem geen verantwoordelikheid vir klankbane wat swak is of nie werk tydens die Uitdunrondte nie.  Ons stel voor dat die deelnemer ook sy klankbaan op ‘n USB saambring indien iets sou skeef loop.
  25. Die beoordelaars se besluit is finaal en GEEN verdere korrespondensie sal toegelaat word nie.
  26. Volg gerus ons SingSterre sosiale mediabladsye om op hoogte te bly van nuusgebeure.

NEEM KENNIS:

Wanneer daar ingeskryf word vir SingSterre 2026, word toestemming aan die organiseerders verleen om foto’s, opnames en video’s van deelnemers se optrede op sosiale media, tydskrifte en ander sosiale mediaplatforms te plaas.