Bepalings en Voorwaardes
Algemeen
Indien ’n deelnemer (of die wettige ouer of voog van ’n minderjarige deelnemer) nie die bepalings en voorwaardes aanvaar ten tyde van inskrywing nie, sal daardie deelnemer (of die wettige ouer of voog van ’n minderjarige deelnemer) nie toegelaat word om aan die “SingSterre 2026” Kompetisie deel te neem nie.
Hierdie algemene bepalings en voorwaardes is van toepassing op alle kompetisies (die “Kompetisie” of gesamentlik “Kompetisies”) wat deur “SingSterre 2026” (“die Vervaardigers”) of ons onderskeie webtuistes (“Webtuistes”) aangebied word, waartoe toegang verkry word deur die skakel van die onderskeie Kompetisies op die toepaslike sosiale media platforms (bv. Facebook, Instagram, Telegram, WhatsApp).
Die term “deelnemers” verwys na al die persone wat toegang tot die Webtuiste verkry en dit gebruik vir enige rede, insluitend elke gebruiker wat vir ’n kompetisie inskryf (“deelnemer” of ’n wettige ouer of voog van ’n minderjarige deelnemer).
Die term “vervaardiger” verwys na “SingSterre 2026”.
Die vervaardigers behou die reg voor om die algemene bepalings en voorwaardes, die reëls van enige kompetisie, enige pryse of enige aspek daarvan, sonder kennisgewing, op enige tyd en om enige rede te verander, uit te stel, op te skort of te kanselleer.
In die geval dat kennisgewing wel aangaande sodanige wysiging, uitstel, opskorting of kansellasie gegee word:
-
Deelnemers sal daarvan verwittig word deur ’n kennisgewing op SingSterre 2026 se webtuiste of toepaslike sosiale media platforms.
-
Deelnemers gee toestemming om afstand te doen van enige regte, belange of verwagtinge wat hulle van die vervaardigers of kunstenaars waarmee SingSterre 2026 geassosieer word, mag hê en erken dat geen skadevergoeding teen SingSterre 2026, die organiseerders of kunstenaars waarmee die vervaardigers geassosieer word, verhaal kan word nie.
Die vervaardigers sal geen korrespondensie of navrae telefonies of per WhatsApp beantwoord nie.
Enige navrae moet per e-pos gestuur word na: info@singsterre.co.za.
Die vervaardigers aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige onakkurate inligting wat op hul webtuistes, digitale platforms of sosiale media platforms, of dié van kunstenaars of beoordelaars waarmee hulle geassosieer word, gepubliseer word nie.
Enige toegewings, vergunnings, uitstel of afstanddoening wat die vervaardigers moontlik aan ’n deelnemer, finalis of wenner (of ’n wettige ouer of voog van ’n minderjarige deelnemer) maak, sal nie die vervaardigers se regte of verpligtinge ingevolge hierdie bepalings en voorwaardes benadeel nie.
Die bepalings en voorwaardes in hierdie dokument is saamgestel om te voldoen aan die wetlike vereistes van die Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet No. 68 van 2008). Sommige klousules kan die risiko of aanspreeklikheid van die vervaardigers, kunstenaars of beoordelaars beperk. Deur hierdie bepalings en voorwaardes te aanvaar, erken deelnemers dat hulle hierdie beperkinge aanvaar en stem hulle in om die vervaardigers en geassosieerde partye van sodanige aanspreeklikheid vry te stel.
Gebruik van persoonlike inligting, foto’s, video’s en klankopnames
Die gebruik en verwerking van deelnemers se persoonlike inligting is onderhewig aan die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, 2013 (POPIA).
Deur hierdie bepalings en voorwaardes te aanvaar, gee deelnemers toestemming dat:
-
Alle intellektuele eiendomsregte en kopiereg op foto’s, video’s en klankopnames van deelnemers se optredes by die vervaardigers sal berus.
-
Die vervaardigers geen finansiële of ander verpligting teenoor deelnemers het met betrekking tot die publikasie van hierdie materiaal nie.
-
Foto’s, video’s of klankopnames, asook die naam en van van ’n deelnemer, op die vervaardigers se digitale platforms en sosiale media geplaas mag word tydens die inskrywings-, uitdun- en finale rondtes van die kompetisie.
Die volgende inligting mag gedeel word:
-
Naam en van van die deelnemer
-
Ouderdom van die deelnemer
-
Unieke deelnemernommer
-
Foto’s, video’s en klankopnames van optredes
Die vervaardigers kan ’n WhatsApp-broadcast groep gebruik vir kommunikasiedoeleindes. Deelnemers stem toe dat hul selfoonnommers op die groep sigbaar mag wees.
Deur deel te neem aan die kompetisie stem deelnemers ook in dat hulle per e-pos of telefonies gekontak kan word vir promosies of bemarking wat relevant mag wees.
Reëls vir deelname aan “SingSterre 2026”
Hierdie reëls moet saam met die ander bepalings en voorwaardes gelees word.
Deelnemers wat nie aan die reëls voldoen nie, kan gediskwalifiseer word.
Uitdun- en finale rondtes
-
Daar is geen ouderdomsbeperking nie.
-
Minderjariges (onder 18) moet toestemming van ’n ouer of voog hê.
-
Inskrywings is slegs aanlyn beskikbaar.
-
Die inskrywingsfooi is R200 per item.
Die vervaardigers behou die reg voor om datums van die kompetisie te verander. Deelnemers sal deur die webtuiste of sosiale media daarvan in kennis gestel word.
Deelnemers mag nie probeer om beoordelaars of die uitslag te beïnvloed nie. Dit kan tot diskwalifikasie lei.
Deelnemers neem op eie risiko deel aan die kompetisie en alle aktiwiteite daaraan verbonde.
Dit is die deelnemer se verantwoordelikheid om korrekte persoonlike inligting te verskaf.
Alle reis-, vervoer-, verblyf- en etekostes vir die uitdun- en finale rondtes is die deelnemer se eie verantwoordelikheid.
Deelnemers wat die finale rondte bereik is self verantwoordelik vir:
-
Grimering
-
Hare
-
Kleredrag
Soliste en groepe van maksimum vier lede mag deelneem.
Toeskouers en deelnemers moet alle gesondheids- en veiligheidsmaatreëls nakom.
Foto’s en video’s van die kompetisie mag op sosiale media geplaas word.
Deelnemers moet voorbereid opdaag. Geen uitstel sal toegestaan word vir onvoorbereidheid nie.
Indien die kompetisie nie kan voortgaan soos beplan nie (bv. weens tegniese probleme, siekte-uitbrekings of ander redes buite beheer van die vervaardigers), behou die vervaardigers die reg voor om die kompetisie te kanselleer of te hervat.
’n Deelnemer wat as Algehele Wenner aangewys word, mag nie weer vir SingSterre 2026 inskryf nie.
Die vervaardigers behou die reg voor om die plek van die kompetisie te verander indien nodig.
Pryse
-
Die vervaardigers sal met die wenner(s) kontak maak om die oorhandiging van pryse te reël.
-
Pryse is nie oordraagbaar of vir kontant verruilbaar nie.
-
Die vervaardigers behou die reg voor om die aantal pryse of wenners te verander.
-
Reis- en verblyfkostes vir die ontvang van pryse is die wenner se eie verantwoordelikheid.
Gedrag en Sosiale Media
Deelnemers moet alle sosiale media platforms se beleid nakom.
Deelnemers kan gediskwalifiseer word indien hulle:
-
Onwelvoeglike taal gebruik
-
Beledigende of lasterlike opmerkings maak
-
Die goeie naam van die kompetisie, beoordelaars, kunstenaars of ander deelnemers skaad
Hierdie reëls geld ook vir gedrag wat lei tot:
-
Arrestasie
-
Hofsake
-
Polisie-ondersoeke
-
Skandalige gedrag op sosiale media
Die besluite van die beoordelaars en organiseerders is finaal, en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
Aankondiging van Finaliste
Die uitdun- en finale rondtes, asook die wenners in elke ouderdomsgroep, word deur ’n paneel onafhanklike beoordelaars bepaal.
Die beoordelaars word deur die vervaardigers aangewys en hul besluite is finaal.
Finaliste sal aangekondig word op:
-
Die SingSterre-webtuiste
-
Die amptelike sosiale media platforms
Die uitslae word bepaal en gekontroleer deur ’n onafhanklike derdeparty-ouditeursfirma.